Dropper For Life | Droppers Te Koop | Wildsheining Plaas Heining

Dropper For Life

Dropper For Life is a gepatenteerde nuwe dropper wat gebruik word in die oprigting van draadheinings vir plase, wildsplase, parke, langs paaie en vele ander applikasies. Dropper For Life se gepatenteerde ontwerp heg drade in so 'n mate dat dit nie op of af kan beweeg nie en verseker dat die drade eweredig gespasiëer bly. Die primêre rede hoekom eienaars deesdae Dropper for Life verkies bo ander konvensionele dropper sisteme is die groot besparing wat dit teweeg bring in die oprigting van draadheinings. Bespaar meer as R3.00 rand op binddraad op elke dropper asook arbeid in die tyd wat dit neem om die heining op te rig. 

Hier volg nog redes om hoekom moderne plaaseienaars Dropper for Life oorweeg:
 

  • Geen Binddraad word benodig
    Die dropper gebruik 'n gepatenteerde nuwe konsep wat verseker dat die draad stewig teen die dropper geheg word.  Dit is omgewingsvriendelik in die sin dat geen oortollige / geknipte binddraad in die veld agtergelaat word soos in die geval van konvensionele droppers nie. 

  • Tussen 80 en 90% besparing op arbeid
    Dropper for Life word vinniger en meer koste-effektief opgerig.

  • Is Roesbestand
    Dropper For Life word vervaardig uit Gegalvanisserde Staal (mikron z200 - geen verf nodig). Die Dropper is dus roesbestand

  • Veldbrandbestand
    Een van die grootste bedreigings vir enige heining is veldbrande. Dropper For Life is vuurbestand.

  • Die ontwerp maak dit onmoontlik vir die draad om op en af te beweeg
    Die draad word stewig teen die dropper geheg in so 'n mate dat dit nie op en af kan beweeg nie.

  • Meer Sigbaar
    Die dropper is meer sigbaar vir mens en dier.

  • Naam kan op dropper aangebring word op aanvraag
    Op bestellings van meer as 2000 eenhede kan u plaas- of besigheidsnaam op die dropper aangebring word. U naam word gedruk elke 300 mm wat beteken dat dit vier keer op 'n 2,4m dropper voorkom. Gesteelde droppers kan maklik uitgeken word.

  • Gevalle van diefstal is aansienlik minder
    Dropper For Life word nie so algemeen gesteel soos konvensionele droppers nie, juis omdat dit uit gegalvaniseerde staal vervaardig is en omdat elke dropper geidentifiseer kan word met die naam van die plaas / besigheid wat op die dropper aangebring word. 


Dropper Groottes

Dropper For Life word vervaardig in 1.2m, 1.5m, 1.8m and 2.4m lengtes.
Spesifieke lengtes is op aanvraag beskikbaar.
 

Doelgemaakte Gereedskapstuk

Met elke bestelling word 'n doelgemaakte gereedskapstuk verskaf om die droppers aan heiningdrade te heg. Die gereedksapstuk is maklik om te gebruik en vereis geen spesiale opleiding nie. Met die gereedskapstuk word elke heiningdraad in sekondes geheg. Dit is rooi geverf wat dit maklik maak om te vind sou dit op die grond of in die gras val.


Elektriese Heinings

Dropper For Life het pas isolators vrygestel wat spesifiek ontwerp is vir elektriese heinings.
Die isolators is beskikbaar met of sonder reflekteerders. Besoek ons fotogalery vir fotos.
 

Pryse - ALLE PRYSE SLUIT BTW IN

  JVS dropper 1.2m STD   R 19.30
  JVS dropper 1.5m STD   R 23.54
  JVS dropper 1.8m STD   R 27.75
  JVS dropper 2.4m STD   R 36.23
       
  JVS dropper 1.2m STIFF   R 24.81
  JVS dropper 1.5m STIFF   R 30.39
  JVS dropper 1.8m STIFF   R 35.81
  JVS dropper 2.4m STIFF   R 47.01
  JVS dropper 2.4m STIFF - 19 lyne   R 58.48
       
  JVS dropper tool   R 43.52
  JVS plain insulator (EB)   R 4.67
  JVS reflector insulator (EBR)   R 6.26
       
  * Pryse sluit afleweringskoste uit


Dropper For Life sal u 'n LEEFTYD hou!

Kontak ons gerus enige navrae oor Dropper for Life

LAAT ONS JOU KONTAK
   
 

© Copyright Dropper For Life. All Rights Reserved. No article or picture may be reproduced\published without the written consent of Dropper For Life.

Privacy Policy